Home

SADF

SWATF

Rhodesia

SAAF

SA Army

SA Navy

SAMS

SA Elite Forces

SA Chaplain Services

Communism

SA National Colours

SAP

SADF Medals

SADF Sport

SA Military Buildings

SA Roll of Honour

SA Military Academy

Web Forum

SADF Links

SADF Re-enactment

Web Master

 

Upington Geskiedenis / History

 

UPINGTON

Die geskiedenis van Upington begin by die aankoms van Eerw Christiaan Schroder in 1871 by Olyvenhoutsdrift, waar die dorp sy ontstaan gehad het. In 1879 het Sir Thomas Upington, Prokureur-generaal van die Kaapkolonie 'n besoek aan die sendingstasie gebring en later word die dorp na hom vernoem. 'n Dorpsbestuur het in 1889 tot stand gekom en in 1898 het die dorp munisipale status gekry. Sedert die begin van die eeu het die dorp eers langsaam, maar algaande met versnelde tempo ontwikkel. Baie faktore het tot die ontwikkeling bygedra: landbou; beter paaie; spoorverbinding; onderwysfasiliteite; hospitaaldienste; die vestiging van nywerhede; gereelde lugdiensvlugte; ens. Die "dorpie" wat aan die begin van die eeu in sy kinderskoene by Olyvenhoutsdrift langs die "Groot-rivier" gestaan het, is die huidige Upington — die Jong huidige reus op die walle van die magtige Oranje. Met 'n inwonertal van meer as 35 000, 'n dorpsgebied van 36 000 ha en 'n totale waardasie van eiendom van oor die R50-miljoen weet almal vandag waar UPINGTON is.

LIGGING

Upington is in Noordwes-Kaapland gelee, 805 meter bo seevlak aan die noordelike oewer van die Oranjerivier. Die Dorp le in die Gordonia-distrik wat vernoem is na Gordon Sprigg, 'n eerste minister van die Kaapkolonie. Hierdie is die distrik met die grootste oppervlakte in die Republiek en Upington is ook in die mees uitgestrekte parlementere kiesafdeling gelee.

Die landstreek om Upington kan nie vergelyk word met enige ander in die Republiek nie — dit is 'n landstreek van skrille maar interessante kontraste. Lowergroen wingerde en lusernlande word ewe skielik afgewissel met rooi sandduine. Een oomblik bevind mens jou te midde van 'n barre klip-landskap en tree verder stort massas water oor die ravynwalle van die Augrabieswaterval.

Vanwee sy ligging en beskikbaarheid van grond, water, EVKOM krag, bied Upington aantreklike moontlikhede vir die nyweraar; vir die toeris bied hy velerlei besienswaardighede; vir die versiende sakeman, onbeperkte geleenthede; en vir die jong mens wat op die drumpel van die lewe staan, genoeg werkgeleenthede. Die leiers en inwoners van Upington het volle vertroue in hulle dorp en sy vooruitgang.

Van hierdie dorp kry 8 SAI in Mei 1981 die vryheid.

Die toekenning van die vryheid van 'n stad of dorp aan 'n regiment as 'n militere eenheid, is 'n ou tradisie uit die feodale tyd. Dit simboliseer die vertroue van die burgerlike bevolking in die eenheid of regiment en verleen die reg en voorreg aan die eenheid om gewapen deur die stad of dorp te marsjeer.

Waar die burgerlike owerhede in enige stad of dorp formeel die vryheid van die dorp of stad aan 'n eenheid of groter formasie ter waardering van dienste gelewer, of om watter rede ook al, verleen het, moet hierdie handeling van die burgerlike owerhede hoog op prys gestel en die voorregte in die gees van die tradiesie beoefen word.

Voordat die militere eenheid of formasie die vryheid van die stad van die burgerlike owerhede aanvaar, moet die bevelvoerde van die eenheid of formasie met die betrokke owerhede reel dat die Minister van Verdediging, of enige offisier deur die Minister aangewys, om formele toestemming genader word.(N.B. : Die funksie berus tans by die Hoof van die betrokke Weermagsdeel.)

 

Upington Moedergemeente oor Oranjerivier...

 

Eerw. Schroder...

 

Sir Thomas Upington...

 

Upington Hoofstraat...

 

Orange river ferry with panoramic view of Upington across the river...

 

Gemeenskap...

 

Militere basis...

 

Manie Maritz in aantog na Upington in 1914...

 

Manie Maritz se besoek aan Upington tydens die Rebellie, 1914...

 

Genl Louis Botha op Upington,1914...

 

'n Veldkombuis, 1914...

 

Kennisgewing op Landdroskantoor

tydens die Anglo-Boere oorlog, 1901...

 

Schroderstraat, Upington...

 

Oranjerivier in vloed by die Augrabies Watervalle...

 

Upington, langs die Oranjerivier met 8 SAI in die agtergrond...

 

Opening van Upington se Munisipale Kantore op 31ste Oktober 1980 deur Dr S van der Merwe, LV vir Gordonia...

 

Gemsbokke en Springbokke, 'n toneel eie aan Upington...

 

 

Home

SADF

SWATF

Rhodesia

SAAF

SA Army

SA Navy

SAMS

SA Elite Forces

SA Chaplain Services

Communism

SA National Colours

SAP

SADF Medals

SADF Sport

SA Military Buildings

SA Roll of Honour

SA Military Academy

Web Forum

SADF Links

SADF Re-enactment

Web Master