Home

SADF

SWATF

Rhodesia

SAAF

SA Army

SA Navy

SAMS

SA Elite Forces

SA Chaplain Services

Communism

SA National Colours

SAP

SADF Medals

SADF Sport

SA Military Buildings

SA Roll of Honour

SA Military Academy

Web Forum

SADF Links

SADF Re-enactment

Web Master

 

Die rol van die Christelike geloof in die stryd - The role of the Christian faith in the struggle

 

Die sterk, toegepaste Christelike geloof is by uitstek die sleutel tot 'n gelukkige, geordende samelewing wat na vreedsame voortbestaan, ook van die nageslag, streef. In die teeninsurgensiestryd kan die insurgent daarin slaag om die bevolking tydelike terugslae op materiele gebied toe te dien. Hy kan die ekonomie benadeel en selfs op militere gebied beperkte en tydelike suksesse behaal. Maar daar is een faktor in die lewe, die belangrikste van alles, geloof in Christus en in God, wat die vyand nooit kan aantas nie.

Die innerlike krag wat Christus in die vorm van geloof in die opperheerskappy en almag van God aan ons gee, speel 'n verreikende rol. Nie alleen is dit vir die soldaat op die slagveld 'n skild en 'n wapen in die hand nie, maar ook vir die huisgesin tuis is dit 'n bron van krag en vertroue.

In die stryd teen die vyand kan ons nie sender die standvastigheid van ons geloof klaarkom nie. Almal wat in Christus glo, sal teen die morele aanslag en valse oortuigings van die insurgent staande kan bly.

Deur die daaglikse gebruik van die wapenrusting van God word die moreel gebou (Ef. 6:10 - 18). Die kind van God laat horn deur sy geloof in sy Verlosser en kennis van die Skrif in die stryd teen die godlose vyand lei. Gebed is een van ons kragtigste wapens, ter versterking van die enkeling en die volk. Gebed vir die behoud van 'n Christelike orde en leefwyse binne die gemeenskap; gebed vir 'n medeburger in nood; gebed vir die soldaat, op die grens en elders, wat afhanklik is van voorbidding vir die behoud en toepassing van sy geloof, en van morele steun. Jesaja leer ons:,,.....wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie. Wie jou aanval sal oor jou val." (Jes. 54:14, 15).

Die insurgent het geen wapen teen die Christelike geloof nie.

Hy wend wel pogings aan om dit af te takel, soos deur propaganda dat godsdiens gif vir die bevolking is wat die mense verslaaf en onderdanig maak; dat dit maar net nog 'n lewenswyse van die ,,onderdrukker" is wat deur die ,,diskriminerende bedeling" op die minderbevoorregtes afgedwing word. Maar dit is slegs die oningeligtes en diegene wat nog nie die waarheid van die geloof in God ondervind nie, wat sulke argumente van die insurgente ten prooi sal val. Daarom moet die verspreiding van die Woord van God voortgesit word.

 

O God, you have set me under discipline,. Make me not only at all times obedient to my leaders, but give me the self discipline which will make me always obedient to the voice of conscience, and to the command of the highest that I know.

Help me always and everywhere to behave in such a way that I will be an honour and a credit to the traditions of my regiment and to the uniform and the badge which I wear.

Bless and protect those whom I love and those who love me, and when the call of duty separates me from them, keep me true to them and them true to me.

If so it be that some day I must fight, help me to fight only to make peace only to protect the helpless and the weak, only to support that which is just and right.

This I ask for Jesus' sake. Amen

 

At all parades, the chaplain lead in scripture reading and prayer...

 

Die kapelaan verkondig die woord in die operasionele gebied...

 

My Heiland het 'n wrede prys betaal om my sy eindom te maak. Hoe kan ek anders as sy kruis te dra en Hom van naderby te volg?

Die ander dinge gee ek alles prys want christus het my doel geword, net Hy. En wat dan ook al voorle - dood of lewe, niks sal my ooit van hom kan skei nie.

Gedurig is daar nog die stryd, teen Satan en die wereld en my eie ek. Maar Here gee my elke dag die krag om nooit 'n skande vir U naam te wees nie.

Watchman Nee

Genl Maj J A van Zyl, Kapelaan-Generaal van die SAW op besoek by Upington; Kpln C F Matthee, Kapelaan van 8 SAI sedert Maart 1974 en Mnr J Viljoen, Omgewingsinspekteur van skole...

 

Home

SADF

SWATF

Rhodesia

SAAF

SA Army

SA Navy

SAMS

SA Elite Forces

SA Chaplain Services

Communism

SA National Colours

SAP

SADF Medals

SADF Sport

SA Military Buildings

SA Roll of Honour

SA Military Academy

Web Forum

SADF Links

SADF Re-enactment

Web Master